NewsSchools

Jannas-dansers gaan in Duitsland deelneem

Drie van Hoërskool Jan VIljoen se kranige Hip-Hop dansers gaan gedurende September aan die IDO Hip-Hop Wêreldkampioenskappe in Duitsland deelneem.

Drie van Hoërskool Jan Viljoen se leerlinge is onglangs gekies om gedurende September aan die Internasionale Dansorganisasie (IDO) se Hip-Hop Wêreldkampioenskappe in Bochum, Duitsland deel te neem.

Volgens ‘n onderwyser by Hoërskool Jan Viljoen, Retha Rossouw, is L’Ray Wiese, Kyle Grootboom en Veronique Rossouw gedurende die Nasionale ‘Battle of the Giants’ Hip-Hop Kampioenskappe gekies om in Duitsland te gaan meeding.

Retha vertel verder dat die Battle of the Giants van 10 tot 14 April by Sun City plaasgevind het.

Al drie die dansers is werklik baie mededingend en is vasbeslote om hul merk by die wêreldkampioenskappe te maak.

Hulle oefen weekliks by Mario Gomes Hip Hop Dance Academy en werk baie hard om gereed te wees vir die opkomende wêreldkampioenskappe.

Volgens Retha, sal dié drie leerlinge as deel van ‘n groep deelneem.

Dié groep staan as LXD bekend en is een van Mario se top dansgroepe.

“Al drie dié leerlinge vorm deel van die Mario Gomes Hip Hop Dance Academy en sal dié dansskool tydens hul toer in Duitsland verteenwoordig,” vertel Retha.

“Ons is baie trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte tydens jul voorbereiding vir dié groot geleentheid toe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button