NewsSchools

Ram spog met suksesvolle kaskarkermis

Ram se leerlinge geniet hul kaskarresies en maak van dié fondinsamelingsprojek die grootste wat Ram nog gesien het.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs ‘n fondsinsamelingsprojek in die vorm van ‘n kaskarkermis aangebied.

Die kermis was ‘n groot sukses en elke leerling wat aan die geleentheid deelgeneem het, het dit terdeë geniet.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan, was dit die perfekte afsluiting vir ‘n baie besige eerste kwartaal.

Sy sê dat die klasse teen mekaar in graadverband meegeding het.

“Regdeur die eerste kwartaal was daar weekliks pryse vir die leerlinge wat die meeste geld per fase (kleuterskool, juniorfase en intersenfase) ingesamel het” vertel Annie.

Behalwe vir die kompetisie in elke fase, was daar ook lekker kompetisie tussen die klasse om te kyk wie die meeste geld kon insamel.

“Elke klas moes probeer om ‘n klasborg te kry en dan moes elkeen individueel ook nog geld probeer insamel,” vertel Annie.

“Daar was lekker kompetisie gehou op die dag ook.

“Nie net by die kaskaswedrenne nie, maar ook met die bou van ‘n blikkiestoring.

“Die leerlinge moes self die blikkies vir die toring insamel.”

Annie het die kermis georganiseer en dit is die grootste fondsinsameling in die skool se geskiedenis.

Daar is R200 000 ingesamel wat aangewend gaan word om die sekuriteit van die skool te verbeter.

“Baie dankie aan almal wat ons ondersteun en gehelp het om van die dag so ‘n reuse sukses te maak,” vertel Annie.

Related Articles

Back to top button