Rierand lewer Lions Presidente spelers op

Hoërskool Riebeeckrand spog met vier van hul top rugbyspelers wat in die o.18 Goue Leeus Presidente Rugbyspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand, spog weer vanjaar met vier van hul eerstespan rugbyspelers wat in die o.18 Goue Leeus Presidente 15 Rugbyspan opgeneem is.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié leerlinge gedurende die afgelope skoolvakansie aan die KHS Festival 2014 deelgeneem.

“Eswee Kruger, Dugan Christie, Ruan Pieterse en JP Brummer was sleutel spelers vir die span en het beslis bygedra tot die oorwinnings wat die span behaal het,” vertel Rickus.

Die toernooi het op 28 Maart afgeskop en het die hele naweek geduur.

Rickus vertel dat die o.18 manne van Gauteng eerste teet Zimbabwe moes kragte meet. Hulle het dié wedstryd met ‘n telling van 25-21 gewen. Ruan Pieterse is ook tydens die kragmeting as speler van die wedstryd aangewys.

“Hulle tweede kragmeeting was teen Hoërskool Jeugland en weereens het die span met ‘n 28 – 13 oorwinning geseevier,” vertel Rickus.

Die manne van Randfontein se finale wedstryd was teen Hoërskool Standerton en met ‘n wen vir die span van Gauteng, was Eswee Kruger as speler van die wedstryd aangewys.

“JP Brummer was een van die voorste drie drukkers van die toernooi en het gespog met ‘n totaal van drie drieë,” vertel Rickus.

Exit mobile version