Riebeeckrand spog met povinsiale netbalspelers

Hoërskool Riebeeckrand spog met twee van hul top netbalspelers wat in die Gauteng Netbalspan se oefengroep opgeneem is.

Die jaarlikse Gauteng Netbalproewe het onlangs by Hoërskool Randburg plaasgevind en Hoërskool Riebeeckrand se top netbalspelers het aan dié proewe deelgeneem.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het Riebeeckrand weer vanjaar twee provinsiale netbalspelers tydens die geleentheid opgelewer.

“Joane Odendaal (o.18) en Michelle Mbova (o.17) is gekies vir die Gauteng netbal oefengroep.

“Dit verg baie harde werk om op die vlak gekies te word en net die beste netbaldogters in die provinsie kry die geleentheid om deel van die span te vorm,” vertel Rickus.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op julle en wens julle geluk.”

Exit mobile version