NewsSchools

Rappies judo leerlinge neem deel in Botswana

Twee van Laerskool Rapportryer se leerlinge is genooi om die Gauteng Judo Federasie tydens hul besoek aan Botswana te verteenwoordig.

Twee van Laerskool Rapportryer se Graad 7 leerlinge, Criske Hechter en Nicole Stewart is onlangs genooi om as deel van die Gauteng Judo Federasie in Botswana te gaan deelneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is beide Criske en Nicole kranige judo atlete.

“Die twee dogters is genooi om aan die Botswana Judo Nationale Kampioenskappe in Gaberone deel te neem en dit het baie goed met hulle gegaan tydens die kompetisie,” vertel Roleen.

Beide van hulle spog met ‘n goue medalje wat hulle tydens diĆ© gesogte kompetisie gewen het.

“Ons is baie trots op Criske en Nicole en wens hulle geluk met die uitsonderlike prestasie,” vertel Roleen.

Related Articles

Back to top button