Rappies-leerlinge raak kreatief

Laerskool Rapportryer se Graad 4-leerlinge maak besonderse diereskuilings.

Laerskool Rapportryer se Graad 4-leerlinge laat hul kreatiewe denke vloei terwyl hulle allerhande interessante diereskuilings ontwerp en bou.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die Graad 4 Natuurwetenskap- en Tegnologieklas gewemel met hardwerkende leerlinge, lewendige spinnekoppe, speelgoeddiere en selfs ‘n hoender wat heeldag gekraai het.

Die Graad 4-leerlinge van Laerskool Rapportryer het hul kennis van raam- en dopstrukture gebruik om diereskuilings te bou.

“Hulle het die taak met entoesiasme aangepak en die eindprodukte was uitstekend. Dit was ‘n bedrywige en genotvolle ervaring vir die leerlinge waarin hulle hulself kon uitleef,” vertel Roleen.

“By Laerskool Rapportryer fokus ons nie slegs op teoretiese kennis nie maar leer die kinders praktiese en kreatiewe vaardighede en denkwyses wat hulle daagliks kan toepas.”

Exit mobile version