Rappies lewer Rand-Wes netbalspelers op

Laerskool Rapportryer is trots op hul netbaldogters wat in die Rand-Wes netbalspan opgeneem is.

Laerskool Rapportryer is trots op hul netbaldogters wat onlangs in die Rand-Wes netbalspan opgeneem is.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is daar 11 Laerskool Rapportryer o.12- en o.13-netbalspelers in dié span opgeneem.

Sy vertel dat spelers van Randfontein- en Westonaria-skole in die Rand-Wes span opgeneem word.

Die o.12-leerlinge van Laerskool Rapportryer wat in dié span opgeneem is, is Sharuska Botha, Sandra Wijtenburg, Tenika Pedro, Ashleigh

Victor en Elisma Pio.

Nicole Stewart, Criske Hechter, Angelique van Niekerk, Goethé-maré Olwagen, Christé Steyn en Alicia Kotzé sal Laerskool Rapportryer in die o.13-groep verteenwoordig.

“Dié netbalspelers sal gedurende April aan die D2 netbalproewe deelneem. Ons almal by Laerskool Rapportryer hou vir julle duim vas en glo dat julle puik sal vaar,” vertel Roleen.

Exit mobile version