Driegangmaaltyd by Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand spog met hul skool se prestasies tydens hul jaarlikse Graad 7-leiers ete.

Hoërskool Riebeeckrand hou jaarliks ‘n prestige aand waar die leiers van die laerskole in Randfontein en Westonaria genooi word om ‘n driegangmaaltyd te kom geniet.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié geleentheid op 18 en 19 Maart by Hoërskool Riebeeckrand se hotelskool plaasgevind waartydens Annetjie Mostert haar kokke ingespan het om die lekkerste geregte voor te berei.

Die hoof van Hoërskool Riebeeckrand, Annelize van den Berg, glo dat dit noodsaaklik is om die leiers positief te kry oor die toekoms omdat dié leerlinge die toekoms is.

Die hoofseun, Eswee Kruger en hoofdogter, Lizerie Ferreira het ook ‘n spreekbeurt gehad en hulle ervarings by Riebeeckrand met die ouers en Graad 7-leiers te deel.

“Die doel van die aand is om ‘n bietjie te spog oor die prestasies in Hoërskool Riebeeckrand en om die ouers bewus te maak van die skool se potensiaal om die leiers vir die toekoms verder te onwikkel,” vertel Rickus.

Hoërskool Riebeeckrand bedank elke ouer en Graad 7-leier wat die aand bygewoon het.

Exit mobile version