NewsSchools

Riebeeckrand bied Gr 7 ete aan

Hoërskool Riebeeckrand spog met hul skool se prestasies tydens hul jaarlikse Gr 7 leiersete.

Hoërskool Riebeeckrand hou jaarliks ‘n prestige aand waar die leiers van die laerskole in die Randfontein/Westonaria area genooi word om ‘n 3-gang maaltyd te kom geniet.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié geleentheid op 18 en 19 Maart by Hoërskool Riebeeckrand se hotelskool plaasgevind.

Dit is tydens dié geleentheid waar Annetjie Mostert haar kokke ingespan het om die lekkerste geregte voor te berei.

Die hoof van Hoërskool Riebeeckrand, Annelize van den Berg, glo dat dit noodsaaklik is om die leiers positief te kry oor die toekoms omdat dié leerlinge die toekoms is.

Die hoofseun, Eswee Kruger en hoofdogter, Lizerie Ferreira het ook ‘n spreekbeurt gehad en hulle ervarings by Riebeeckrand met die ouers en Graad 7 leiers te deel.

“Die doel van die aand is om bietjie te spog oor die prestasies in Hoërskool Riebeeckrand en om die ouers bewus te maak van die skool se potensiaal om die leiers vir die toekoms verder te onwikkel,” vertel Rickus.

Hoërskool Riebeeckrand bedank elke ouer en Graad 7 leier wat die aand bygewoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. " More »

Related Articles

Back to top button