Gemeente gooi wal teen dominee se afdanking

Die dominee van die NG Kerk Randpoort is uit die gemeente ontslaan omdat hy geskei is.

Die NG kerk se Randpoort gemeente is op die oorlogpad nadat hul dominee, Johan van der Merwe, uit die gemeente ontslaan is nadat hy in 2012 van sy vrou geskei is.

Na die egskeiding is daar ‘n 18-maande lange ondersoek uitgevoer, waarin vyf klagtes teen die populêre dominee ondersoek is.

Teen die einde van die ondersoek is hy egter net op een klagte, erge egskeiding, skuldig bevind.

Volgens gemeentelede is hulle onsteld omdat die oorgrote meerderheid Van der Merwe terug wil hê op die preekstoel by die Randpoort gemeente, maar die Ring van Randpoort weier om die gemeente se versoek te oorweeg.

Gemoedere loop nog hoog na ‘n kerkvergadering Sondag 6 April tussen die gemeente en die Ring van Randpoort, toe die Ring nie na die gemeente se sin, hul lys van meer as 100 vrae oor die ontslaning van ds Van Der Merwe beantwoord het nie.

Die Ring het by dié vergadering eenvoudig by hul standpunt gehou dat Van Der Merwe uit die Randpoort-gemeente ontslaan word.

Die Herald sal lesers op hoogte hou soos wat die storie ontwikkel.

Exit mobile version