Local newsNews

Gemeente gooi wal teen dominee se afdanking

Die dominee van die NG Kerk Randpoort is uit die gemeente ontslaan omdat hy geskei is.

Die NG kerk se Randpoort gemeente is op die oorlogpad nadat hul dominee, Johan van der Merwe, uit die gemeente ontslaan is nadat hy in 2012 van sy vrou geskei is.

Na die egskeiding is daar ‘n 18-maande lange ondersoek uitgevoer, waarin vyf klagtes teen die populêre dominee ondersoek is.

Teen die einde van die ondersoek is hy egter net op een klagte, erge egskeiding, skuldig bevind.

Volgens gemeentelede is hulle onsteld omdat die oorgrote meerderheid Van der Merwe terug wil hê op die preekstoel by die Randpoort gemeente, maar die Ring van Randpoort weier om die gemeente se versoek te oorweeg.

Gemoedere loop nog hoog na ‘n kerkvergadering Sondag 6 April tussen die gemeente en die Ring van Randpoort, toe die Ring nie na die gemeente se sin, hul lys van meer as 100 vrae oor die ontslaning van ds Van Der Merwe beantwoord het nie.

Die Ring het by dié vergadering eenvoudig by hul standpunt gehou dat Van Der Merwe uit die Randpoort-gemeente ontslaan word.

Die Herald sal lesers op hoogte hou soos wat die storie ontwikkel.

Related Articles

10 Comments

  1. Ds johan is net I mens soos ek en jy en word onregverdig behandel.hyt nie gevra vir die probleme tussen hom en sy vrou nie en dien nogsteeds die here.gee hom I kans asseblief .louis van randpoort

  2. Ds van der Merwe is nie so onskuldig as wat hy voorgee hy is nie. Gewoonlik gee n mens maar twee tree terug om een tree vorentoe te beweeg, en as n goeie leier gekenmerk deur die gemeente behoort ds. van der Merwe die bande te breek met die gemeente en elders oor te begin. Hierdie is maar n bewys van hoe n persoon n gemeente mm an manipuleer.

  3. Ds van der Merwe is nie so onskuldig as wat hy voorgee hy is nie. Gewoonlik gee n mens maar twee tree terug om een tree vorentoe te beweeg, en as n goeie leier gekenmerk deur die gemeente behoort ds. van der Merwe die bande te breek met die gemeente en elders oor te begin. Hierdie is maar n bewys van hoe n persoon n gemeente kan manipuleer.

  4. EK was by ‘n funksie wat hy die kinders toegelaat het om “bubly” te rook en net nie sy mat aan die brand te steek nie! Hy het self met ‘n drankie rond geloop! Jammer maar dit is nie wat ek wil hê ‘n DS moet my kinder leer nie! Daar was kinder onder 16 wat “bubbly” gerook het!

  5. Soos wat ek verstaan was daai kinders se ouers by die geleentheid waar die kinders bubbly gerook het en was hulle dus in hul ouers se toesig, nie in syne nie. Tweedens dis nie asof daar dagga in die bubbly was nie, en wat ek verstaan was die “kinders” al 16+ en wat die drankie betref: Are u shitting me??? Mag ‘n dominee nie eers ‘n drankie drink by sy eie huis sonder om veroordeel te word nie??? Regtig word groot mense.

  6. Dit gaan nie oor manipulasie nie maar oor wie die gemeente wil hê moet in die preekstoel staan. Dis nie die ring se keuse nie maar die gemeente en die gemeente was geen keuse gegee nie. As dit ‘n gewone persoon in ‘n gewone werk was sou julle dan ook gesê het hy moet eerder net gaan lê na hy onregverdig afgedank is? Nee. Mens moet baklei teen onregverdigheid. En as julle nie dink meeste van die gemeente wil hom terug hê nie, sê my hoe lyk die kollekte en hoeveel dra die rooi bandjies?

  7. Dis flippen pateties !!!!!!!! Wie mag oordeel ? God !!!! Ek neem aan die mense wat hom nie in die gemeente wil he nie is perfek !!! Dis hoekom die kerke leeg is en die tronke vol !!!!

  8. Hmmm, ja, dis so tipies NG kerk, dis nie eers snaaks nie. Kyk bietjie na die kerkraadslede van NG kerk Randpoort. Dis tien teen een net sulke verkrampte onnosele mense soos in sovele ander NG kerke wat vasgevang word in die magsspel tussen ou boepens omies en tannies oor belangrike goed soos of ons dromme in die kerk moet toelaat en kersliggies terwyl hulle verdwaas wonder hoekom die kerk leegloop en hulle eie kinders dwelmverslaafdes raak en swanger buite die huwelik…. Gooi maar lekker klip, God sal julle oordeel en Hy doen alles deeglik.

    Ek het Johan jare geken en ook sy vrou. Daar is twee kante aan elke storie en sy eksvrou was geen engeltjie nie en beslis nie die onskuldige party nie. Hy is gelukkig dat hy betyds uit daardie huwelik gekom het voordat sy sielvernietig is.

    So neuk maar aan julle Randpoort oningeligtes… My God wag vir julle…

  9. mense moet mooi praat oor dinge as hulle nie al die informasie het nie. pasop om self nie te oordeel nie. ng randpoort is wel deur n moeilike en donker tyd. maar ons sal weer opstaan en aangaan. dink net by jouself is jy n christus volger of n mens volger. die Here gebruik ons leiers as n vessel. dink mooi voor jy iets se.

Back to top button