Sumandie wen Little Miss World titel

Sumandie Taljaart maak haar merk tydens die Little Miss World Suid-Afrika skoonheidskompetisie.

Sumandie Taljaart het die beoordelaars tydens die Little Miss World Suid-Afrika skoonheidskompetisie bekoor, en haarself sodoende van dié gesogte titel verseker.

Sumandie doen vir die afgelope twee jaar modelwerk by Body Fit Fashions in Carletonville en is ses jaar oud.

Sy vertel dat sy al baie kompetisies gewen het en modelwerk baie geniet.

Little Miss World Suid-Afrika was haar eerste nasionale kompetisie en met ‘n kroon op haar kop en die titel in die sakkie is klein Sumandie gereed om vanjaar aan Little Miss World in Turkye deel te neem.

Behalwe vir modelwerk is Sumandie ook baie lief vir skool en is in Graad 1 by Laerskool Gerrit Maritz.

“Ek is baie opgewonde oor die Little Miss World kompetisie in Turkye.

“Ek werk baie hard en glo dat ek goed sal vaar.

“Ek kan ook nie wag om al die nuwe maatjies te sien en met hulle te gesels nie,” vertel Sumandie.

Exit mobile version