NewsSchools

Rierand se Spraakgilde-span blink uit

Hoërskool Riebeeckrand se Spraakgilde-span wys hul staal tydens die kompetisie.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs aan die Spraakgilde deelgeneem en hulself puik van hul taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié geleentheid op 6 Maart by Helpmekaar Kollege plaasgevind.

“Daar was 12 skole wat aan die Spraakgilde deelgeneem het en die kompetisie was baie straf, maar Riebeeckrand het weereens puik prestasies behaal,” vertel Rickus.

Die Graad 11-groep het ‘n punt van 87 persent verower.

Dit het hulle ook van ‘n welverdiende derde plek verseker.

Dié groep het uit Aldré Koekemoer, Angelique Kotze, Nicole Levy en Shenike Olivier bestaan.

Behalwe vir Riebeeckrand se Graad 11-groep, het die Graad 10 Spraakgilde-leerlinge ook aan dié kompetisie deelgeneem.

Dié Graad 10-groep, wat uit Monique van den Berg, Danju Neethling, Istvan Nieuwoudt en Dewald Britz bestaan, het 87,75 persent behaal en ‘n algehele tweede plek in die kompetisie verower.

“Ons is baie trots op elkeen van dié leerlinge en wens hulle geluk met hul besonderse prestasies,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button