NewsSchool sportSchoolsSport

Rierand-hokkie oordonder Bekker

Ten spyte van nat en koue weer, wys Hoërskool Riebeeckrand se seunshokkiespelers hul staal teen Hoërskool Bekker.

Die seunshokkiespanne van Hoërskool Riebeeckrand het op 13 Maart kragte teen Hoërskool Bekker gemeet en gewys dat hulle vanjaar ‘n krag is om mee rekening te hou.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was dit ‘n nat en koue dag maar die weer het nie in die pad van twee puik wedstryde gestaan nie.

Die seunshokkieafrigters van Hoërskool Riebeeckrand, Jaques Schutte en Tayron Dempsey het deeglik voorberei en het die liga met twee puik oorwinnings afgeskop.

“Die junior seuns het met ‘n telling van 1-0 geseëvier terwyl die senior seuns met ‘n telling van 2-1 gewen het,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat die eerste PUK Reeks wedstryd op 14 Maart by Hoërskool Die Anker plaasgevind het.

“Weereens het die seuns gewys dat hulle te sterk was vir die teenstaanders,” vertel Rickus.

Die junior seuns het hul opponente met ‘n telling van 3-1 geklop terwyl die senior seuns het met ‘n telling van 3-0 geseëvier het.

Related Articles

Back to top button