NG hou basaar

Die NG Kerk Randpoort gemeenste se jaarlikse basaar beloof om 'n groot sukses te wees.

Die NG-Kerk Randpoort gemeente se jaarlikse basaar vind vanjaar op 2 Mei plaas en dié gemeente nooi die gemeenskap om saam met hulle in die pret te kom deel.

Volgens ‘n verteenwoordiger van die gemeente, Natasha Schoeman, sal die basaar om 12nm afskop.

“Dit beloof om weer ‘n onvergeetlike dag te wees en feesgangers kan smul aan allerhande lekkernye soos yankees, wors rolle, pap en sous, vetkoeke, pannekoeke en vele meer,” vertel Natasha.

Sy vertel verder dat die gemeente vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis van die gemeente ‘n jaggeleentheid aanbied.

Dié kompetisie sal na afloop van die basaar plaasvind en sal ook as ‘n fondsinsamelingsprojek dien.

“Die jaggeleentheid bied jagters ook die geleentheid om groot pryse te wen,” vertel Natasha.

Die wenners van dié jagkompetisie word tydens ’n vergadering op 15 Julie aangekondig en kry ook die geleentheid om self te gaan jag op die wildsplaas Knoppiesdoorn by Steenbokpan, 70 km van Ellisras af.

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor van NG Randpoort in Lazaarlaan, Randgate.

Vir enige navrae, skakel, die kerkkantoor by 011 692 2171 of vir Boesman Steenekamp by 082 632 2315.

Exit mobile version