Bus verloor beheer by Hoërskool Riebeeckrand

Die bus se remme het onklaar geraak en die busdrywer het geen ander opsie gehad as om in die skoolhek vas te ry nie.

‘n Bus het om ongeveer 11.50vm vanoggend (26 Maart) in Hoërskool Riebeeckrand se hoofhekke vasgejaag nadat die remme na bewering onklaar geraak het.

Volgend die busdrywer, Teboho Motsweneng, is hy na Riebeeckrand gestuur vanaf Carletonville om leerlinge vir ‘n sportbyeenkoms op te tel.

“Ek het om die draai by die skool rem getrap en tot my skok en verbasing wou dit nie werk nie,” sê ‘n sigbaar geskokte Motsweneng.

“Die bus het reg op die hekke afgepeil en gelukkig was dit sterk genoeg om die bus tot stilstand te bring.

Niemand is tydens die insident beseer nie.

Volgens Hoërskol Riebeeckrand behoort die bus nie aan die skool nie, maar aan ‘n diensverskaffer wat gehuur is om die kinders na die sportbyeenkoms te neem.

Exit mobile version