EntertainmentLifestyleNewsSchools

Ram gereed vir groot kaskar kermis

Ram nooi alle ouers en leerlinge in die gemeenskap uit om saam met hulle aan hul kaskar kermis deel te neem.

Laerskool Randfontein glo daarin dat kinders op laerskool in totaliteit, in ‘n veilige en skoon omgewing, opgevoed moet word.

Daarom plaas die bestuur van dié skool ‘n hoë prioriteit op akademiese-, sport- en kultuuraktiwiteite.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, is almal by die skool baie opgewonde om die Randfontein gemeenskap aan hul nuwe kaskarkermis bekend te stel.

“Ons het besluit om die eerste kwartaal af te sluit met groot pret en plesier. Tydens die kermis gaan die ouers en leerlinge kaskar ry, blikkiestorings bou en lekker eet en dans,” vertel Annie.

“Ons hoop van harte dat u op 28 Maart saam met ons dié kermis gaan kom geniet.

“Die kermis begin om 8vm met ‘n optog en sal 12nm afsluit.”

Sy vertel verder dat hulle vanjaar beplan om die skoolterrein op te knap en beter te beveilig.

“Die fondse wat ingesamel word tydens die Kaskarkermis gaan aangewend word om die sekuriteit by die skool te verbeter en om CCTV-kameras te installeer. Die veiligheid van ons leerlinge is vir ons baie belangrik en ons wil dit graag opskerp,” vertel Annie.

Related Articles

Back to top button