Local newsNews

Randfontein Vriendskapstuiste hou boekverkoping

Die Randfontein Vriendskapstuiste spog weer met ‘n suksesvolle boekverkoping wat gehou is met die doel om verdere fondse vir die tuiste in te samel.

Die inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste het weer op 28 Maart ‘n boekverkoping gehou om verdere fondse vir die tuiste in te samel.

Organiseerder van die boekverkoping, Maggie Ferreira, sê dat aangesien hulle so baie boekdonasies van die gemeenskap kry, het hulle nie altyd plek in hul biblioteek om al die boeke te hou nie.

Die boeke waarvoor hulle nie plek het nie, word dan op verkopings soos dié verkoop.

Vriendskapstuiste hou drie keer per jaar ‘n boekverkoping en gebruik die geld vir addisionele opknappings van die tehuis en om die oumense te help indien hulle enige behoeftes het.

“Behalwe vir die feit dat die geld wat ons met die boekverkopings maak die tehuis baie help, probeer ons ook om op die wyse die gemeenskap se leesvaardighede te bevorder en te verbeter,” vertel Maggie.

Al is die meeste van die boeke wat geskenk word, ten bate van Vriendskapstuiste, is dit vir die oumense baie belangrik om ook ‘n verskil in ander mense se lewens te maak, daarom skenk hulle jaarliks die boeke wat nie gedurende die jaar verkoop nie, aan nie-winsgewende organisasies.

“Ons bedank elke inwoner van Randfontein wat ons jaarlikse boekverkopings so goed ondersteun. Julle maak werklik ‘n verskil by die Randfontein Vriendskapstuiste,” vertel Maggie.

Related Articles

Back to top button