Rierand lewer Gauteng atlete op

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se top atlete is gekies vir die Gauteng Atletiekspan en sal binnekort aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe deelneem.

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se top atlete is gekies vir die Gauteng Atletiekspan en sal binnekort aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe deelneem.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het die Gauteng kampioenskappe op 7 en 8 Maart by die LC

de Villiers stadium in Pretoria plaasgevind.

Hy vertel dat drie van Hoërskool Riebeeckrand se atlete die D2 distrik tydens dié geleentheid gaan verteenwoordig het.

Dié atlete is Quinton Janse van Rensburg – hoogspring, Ezra Ferreira – 800m en 1500m en Lizerie Ferreira – 800m, 1500m.

“Die drie atlete het baie goed gevaar.

Ezra het ‘n eersteste plek in die 800m verower en Lizerie het eerste plekke vir beide die 800m en 1500m behaal,” vertel Rickus.

Met hul puik prestasies tydens die Gauteng Atletiek Kampioenskappe, is beide Ezra en Lizerie in die Gautengatletiekspan opgeneem en gaan aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe deelneem.

“Ons is baie trots op die twee atlete en wens hulle sterkte toe vir hul voorbereiding,” vertel Rickus.

Exit mobile version