Jannas bokser presteer by Gautengkampioenskappe

Hoërskool Jan Viljoen spog met twee van hul leerlinge wat aan die Gauteng Junior en Jeug Bokkampioenskappe deelgeneem het.

Twee van Hoërskool Jan Viljoen se leerlinge, Eddie Webb en Hardus Jacobs, het op 7 en 8 Maart aan die Gauteng Junior en Jeug Bokskampioenskappe deelgeneem en hulself puik van hul taak gekwyt.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, het dié kampioenskappe by die Randgate Amateur Boksklub plaasgevind.

Hy vertel verder dat beide Hardus en Eddie baie goed gevaar het.

Eddie het sy geveg tydens die geleentheid op punte gewen en alhoewel hardus nie ‘n opponent in sy gewigsafdeling gehad het nie, het hy steeds na die volgende rondte deurgedring.

“Ons is baie trots op die leerlinge en wens hulle alle sterkte in hul geliefde sportsoort toe,” vertel Julius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version