Rappies lewer SA atleet op

Laerskool Rapportryer spog met een van hul leerlinge, Sandra Wijtenburg, wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe geelgeneem het.

Laerskool Rapportryer spog met een van hul leerlinge, Sandra Wijtenburg, wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe geelgeneem het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Sandra op 21 en 22 Maart 2014 in die Paarl aan die SA atletiek Kampioenskappe deelgeneem.

“Sandra het vanjaar ‘n uitstekende atletiekseisoen beleef en regtig baie hard geoefen om by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem,” vertel Roleen.

Sy vertel verder dat Sandra die D2 wenner in die 1200m dogter o.12 was en het selfs die D2 kordtyd na 3.56 minute verbeter.

“Tydens die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria het Sandra ‘n silwer medalje in die 1200m finaal verower. Sy het dié wedloop in slegs 3.45 munite voltooi,” vertel Roleen.

Sandra het ook tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe puik gevaar en werklik haar skool en dorp se naam hoog gehou.

Die bestuur van Laerskool Rapportryer wens haar geluk met haar puik prestasies en is baie trots op haar.

Exit mobile version