NewsSchools

Riebeeckrand skutte vaar goed

Hoërskool Riebeeckrand se boogskietleerlinge is weer vanjaar aan die brand en het weereens bewys dat hulle tops in dié sport is tydens die Gauteng Boogskiet Kampioenskappe.

Hoërskool Riebeeckrand se boogskietleerlinge is weer vanjaar aan die brand en het weereens bewys dat hulle tops in dié sport is tydens die afgelope Gauteng Boogskietkampioenskappe.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, raak die sport elke jaar net groter en die skutte van Riebeeckrand staan kop en skouers bo die ander uit.

Hy vertel verder dat die Gauteng Boogskietkampioenskappe op 8 Maart by Hoerskool Riebeeckrand plaasgevind het.

“Riebeeckrand se seniorspan het ‘n algehele eerste plek behaal en hulself puik van hul taak gekwyt,” vertel Rickus.

Dié span bestaan uit Christiaan Pretoruis, Christie Claase, Melani Botha, Juan Erasmus, Roelf Jansen van Rensburg, Martin Forbes, JP Erasmus, Dylan Carlitz, Jaques de la Rouviere, Danel Lotter en Kyrsha Mac Donald.

Rickus vertel dat Christiaan Pretorius ‘n derde plek vir die senior seuns behaal het.

Melani Botha het ook derde in die senior dogters kategorie geëindig, terwyl Christie Claase ‘n eerste plek in dié kategorie behaal het.

“Daar is drie van Hoërskool Riebeeckrand se skutte gekies om Gauteng te verteenwoordig in Junie wanneer hulle in Madison County, VSA, aan die wêreld kampioenskappe gaan deelneem,” vertel Rickus.

Die skutte is Roelf Jansen van Rensburg, Christiaan Pretorius en Sean Grobler.

“Dit is ‘n wonderlike prestasie en ‘n prestige byeenkoms vir skutte reg oor die wêreld en ons wens ons skutte alle sterkte toe tydens die geleentheid.”

Related Articles

Back to top button