Rapportryer spog met hul D2 atlete

Laerskool Rapportryer spog vanjaar met agt van hul top atlete wat in die D2 atletiekgroep opgeneem is.

Laerskool Rapportryer spog vanjaar met agt van hul top atlete wat in die D2 skole atletiekgroep opgeneem is.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié groep atlete baie goed gevaar tydens vanjaar se atletiekseisoen en het hulle tydens die D2 proewe werklik gewys dat hulle ‘n aanwins vir die D2 span is.

Die groep atlete is Sandra Wijtenburg, Nicole Stewart, Ashley Stewart, Angelique van Niekerk, Nicole Erwee, Jaden Smith, Raul de Ponte en Chané Vermeulen.

“Dié leerlinge het ook aan die Gauteng Atletiek Kampioenskappe deelgeneem en hulself puik van hul taak gekwyt,” vertel Roleen.

“Ons wens elkeen van die leerlinge geluk met dié besonderse prestasie en wens hulle sterkte toe met hul voorbereiding vir hul volgende atletiekseisoen.”

Exit mobile version