Local newsNews

Hoop vir minderbevoorregde tienermeisies

Die Annebel Foundation beweeg daagliks van krag tot krag met die doel om aan tiener meisies skoonheids- en sanitêre produkte te voorsien.

Die Annebel Foundation bestaan al vir ‘n geruime tyd en beweeg daagliks van krag tot krag met die doel om aan tienermeisies skoonheids- en sanitêre produkte te voorsien.

Stigter van Annebel Foundation, Tania Struass, vertel dat die organisasie tans aan sowat 600 meisies landswyd skoonheids- en sanitêre produkte voorsien.

“Omdat daar so ‘n groot nood onder minderbevoorregte meisies is, het ek en my suster, Mariska van Wyk, besluit om aan elke behoeftige meisie ‘n maandlikse pakkie met handeroom, seep, shampoe en sanitêre produkte in, te gee,” vertel Tania.

Vir Tania en haar span is dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien hoe dié meisies waardeer wat hulle doen, tog gaan ware skoonheid oor meer as net ‘n higiëniese leefwyse.

“Dit is waarom ons saam met elke behoeftige tienermeisie tyd spandeer en hulle met afronding help asook opvoed in verskeie ander aspekte van die lewe soos hoe om ‘n CV op te stel en voor te berei vir ‘n onderhoud,” vertel Mariska.

Behalwe vir die feit dat die Annebel Foundation vir dié tienermeisies skoonheidsprodukte voorsien, help hulle ook met dié dogters se matriekafskeidsgeleenthede.

“Ons neem ook die meisies op uitstappies en verleen hulp aan gestremde meisies,” vertel Mariska.

Al het Annebel Foundation reeds vir ‘n greuime tyd ‘n takke by Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand, beplan hulle ook om nou takke by laerskole in die gemeenskap te open om sodoende die behoeftiges in dié skole ook by te staan.

Vir meer inligting rondom Annebel Foundation, kontak vir Mariska van Wyk by 082 576 1418 of besoek ook die webtuiste www.annebel.org.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button