Riebeeckrand leerling presteer op haar perd

Christy Duvenhage van Hoërskool Riebeeckrand spog met puik prestasies tydens haar nasionale perdry kompetisie.

‘n Leerling van Hoërskool Riebeeckrand, Christy Duvenage, het onlangs aan die Graded Horse Show deelgeneem en haarself baie goed van haar taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié kompetisie in Kyalami plaasgevind.

Hy vertel verder dat Christy daar haar eerste kwalifiseerende rondte gewen het.

Sy het sodoende vir die Gautengkampioenskappe gekwalifiseer.

“Dié skou het ‘n week lank, vanaf 5 tot 10 Februarie, geduur.

“Ons is baie trots op Christy, sy het voorwaar goed presteer en ons sien uit daarna om te sien hoe sy tydens die Gautengkampioenskappe vaar,” vertel Rickus.

Christy het in die Engelse dissipline, asook die Westerse rystylkategorieë koning gekraai.

“Dit is ‘n besonderse prestasie omdat perdryers reg oor die land daaraan deelneem,” vertel Rickus.

Exit mobile version