Dawie spog met sy puik talent

Dawie van Deventer is 'n plaaslike kunstenaar wat al reeds van kindsbeen af sy talent as kunstenaar beoefen.

Vir Dawie van Deventer is die kunste al reeds van kindsbeen af deel van sy lewe en vandag maak dié plaaslike kunstenaar groot opslae met sy vermoë om sketse en skilderye in so min as 15 minute te voltooi.

Volgens Dawie, het hy al op ‘n baie jong ouderdom begin teken en van daar af gestreef om sy talent as kunstenaat te ontgin.

“Ek het in 1974 my skoolloopbaan, met kuns as ‘n vak, voltooi en die jaar daarna begin om kuns aan die universiteit van Pretoria te studeer,” vertel Dawie.

Hy vertel verder dat hy na sy weermagdiensplig in 1982 voltyds begin skilder het.

“Ek fokus hoofsaaklik op portrette, maar skilder ook graag landskappe, stillewens en selfs abstrakte kunswerke,” vertel Dawie.

Hy spog ook met die feit dat hy ook verskillende mediums kan gebruik.

Dié mediums sluit houtskool, akriel en selfs olieverf in.

Dawie het ook onglangs ‘n gallery in West Village oopgemaak en vertel dat die gallery, wat as ArtArc bekendstaan, op bespreking oop is.

“Mense in die gemeenskap is welkom om my te skakel indien hulle dié gallery wil besoek,” vertel Dawie.

Om sy naam onder die kunste te bevorder, doen Dawie sketse by verskeie kunstefeeste in Suid-Afrika.

Hy het onglangs ‘n stalletjie by Aardklop en die Randfontein Skou gehad.

Hy spog ook met talle van sy skilderye wat hy van oud-president Nelson Mandela geskilder het wat in Amerika verkoop is.

Exit mobile version