Ooggetuies van beweerde polisiebrutaliteit gesoek

Randfontein polisielede was glo betrokke in 'n insident van polisiebrutaliteit in Homelake.

Die hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, Nantes Kelder het ‘n beroep op die gemeenskap van Randfontein gedoen om te vore te kom met inligting oor ‘n vermeende polisiebrutaliteitsinsident wat op Woensdag 26 Februarie omsteeks 7.45nm by die kruising van Main Reef en Homesteadweg plaasgevind het.

Maroela Media berig dat 50-jarige Roodepoort sakeman Errol Smith op die betrokke aan aanskou het hoe drie polisievoertuie, onder andere ‘n vangwa, ‘n silwerblou luikrukvoertuig by die kruising afgesper het.

Volgens Smith was daar tussen ses en agt polisiebeamptes op die toneel.

Hy sê dat hy gesien het hoe polisiebeamptes die bestuurder van die luikrukvoertuig hardhanding agter in ‘n vangwa indwing.

Hy sê verder dat ? netjies-geklede wit vrou uit die passasierskant van die voertuig geklim en langs die voertuig gaan staan het.

Sy het vermoedelik ‘n vraag aan die polisiebeamptes gerig en daarna haar rug op hulle gedraai toe ‘n manlike polisiebeampte haar van agteraf geduik het.

Die vrou het na bewering haar balans verloor en geval.

Sy het daarna weer by die passasierskant van die voertuig ingeklim.

Volgens Smith was daar ‘n jong man agterin die voertuig.

Die vou is to na bewering aangesê om na die bestuurderskant van die voertuig te beweeg net om kort daarna deur ‘n polisiebeampte verskree te word en weer na die passasierskant verjaag te word.

Volgens die berig het ‘n manlike polisiebeampte toe by die bestuurderskant ingeklim.

Smith het die behandeling wat die vrou deur die polisielede ontvang het as oordadig, onnodig en barbaars beskryf.

Hy het toe besluit om te ry uit vrees dat die beamptes hom sou teiken indien hy intree, maar later ? verklaring oor die aangeleentheid aan AfriForum, die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer, Randfontein SAPS se bevelvoerder, asook die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gestuur.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om hom by 086 10 200 30 te skakel of ‘n e-pos te stuur na nantes@afriforum.co.za.

Randfontein polisiewoordvoerder, Kaptein Appel Ernst sê die bestuurder van die voertuig ook ‘n vrou was en dat sy vir dronkbestuur gearresteer is.

Sy is na bewering teen 11vm die volgende dag vrygelaat en het op 28 Februarie in die hof verskyn.

Volgens Ernst is die ander vrou ook gearresteer op ‘n klag van publieke dronkenskap.

Sy is om 6vm die volgende oggend vrygelaat nadat ‘n boete aan haar uitgereik is.

“Die waarnemende stasiebevelvoerder, Kolonel André de Bruin het met die klaagster oor die beweerde brutaliteitinsident gepraat en ‘n interne ondersoek is geloods,” sê Ernst.

“Die saak word in ‘n ernstige lig beskou en dit kry dringende aandag.”

 

Exit mobile version