NewsSchools

Laerskool Rapportryer koor, gereed vir aksie

Laerskool Rapportryer se skoolkoor is alreeds hard aan die oefen en is slaggereed om van 2014 'n uiterse suksesvolle jaar te maak.

Laerskool Rapportryer se skoolkoor is alreeds hard aan die oefen en is slaggereed om van 2014 ‘n uiterse suksesvolle jaar te maak.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, bestaan dié koor uit sowat 70 leerlinge wat as een man saam sing.

Sy vertel verder dat dié groep leerlinge onder die leiding van Beverley Brand en Elmarie Myburgh al reeds hard aan die oefen is.

“Die koor het in 2013 ontstaan toe die Snr Koor en die Rappie Ritzies besluit het om die koor op die been te bring,” vertel Roleen.

Sedertdien spog hulle met groot sukses en tree hulle by verskeie funksies en kerke op.

Hulle gaan ook vanjaar hul talent tydens die jaarlikse Raca en NEA kunstefeeste ten toon stel.

“Behalwe vir hul deelname aan die opkomende kunstefeeste sal die Rappies Koor in Mei saam met Corlea Botha by Hoërskool Jan Viljoen optree en in Julie sal die groep leerlinge ‘n verhoog met Dewald Wasserfall deel,” vertel Roleen opgewonde.

Laerskool Rapportryer is trots op elke koorlid wat daarna streef om die koor se visie ‘What good is a song, if it can’t inspire’, uit te leef.

Related Articles

Back to top button