Melktanjies bederf Randfontein bejaardes

Die kleuters van Melktandjies Kleuterskool bederf die inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste vir Vlantynsdag.

Die kleuters van Melktandjies Kleuterskool het die inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste vir Valentynsdag bederf.

Volgens een van die onderwysers by Melktanjies Kleuterskool, Lizel van Niekerk, het Melktandjies Kleuterskool die hele week voor Valentynsdag, sjokolade

ingesamel om saam te neem tydens hul besoek aan die inwoners van Vriendskapstuiste op 14 Februarie.

“Ons het met die bus vertrek en met ons aankoms was ons met ope arms ontvang,” vertel Lizel.

Die senior burgers was so verras en bly dat die kleuters hulle besoek het.

“Die oggend het vir ons so baie beteken. Soentjies en drukkies was geruil en beide die bejaardes en die kleuters het die geleentheid baie geniet,” vertel Lizel.

Melktanjies bedank Vriendskapstuiste vir die geleentheid en so ook al die ouers van Melktanjies kleuterskool wat bygedra het tot die sukses van die uitstappie.

Exit mobile version