Local newsNews

AGS Greenhills hou gebedsweek

AGS Greenhills gemeente nooi die gemeenskap om deel te wees van hul opkomende gebedsweek.

Die gemeente van AGS Greenhills bied weer vanaf 16 tot 21 Februarie hul jaarlikse gebedsweek aan en nooi die gemeenskap om saam met hulle tydens die geleentheid tot God te roep.

Volgens die pastoor van AGS Greenhills, Hannes ven der Merwe, sal die gebedsweek op 16 Februarie tydens hul eredienste afskop.

Dit is ook tydens dié dienste waar doktor Bennie Mostert diegene teenwoordig met die woord van God sal bedien.

“Behalwe vir Bennie se bediening op Sondag 16 Februarie, sal ons weer op Woensdag 19 Februarie die geleentheid kry om by hom iets te leer wanneer hy weer om 7nm die kerk met die woord sal bedien,” vertel Hannes opgewonde.

Hannes vertel verder dat die gemeente se tema vie Februarie ‘Roep tot God’ is en daarom het hulle dit ook goed gedink om dit die tema vir die gebedsweek te maak.

“Ons almal by AGS Greenhills is baie opgewonde oor die gebedsweek en nooi die gemeenskap om saam met ons die teenwoordigheid van God te kom geniet,” vertel Hannes.

Daar is geen kostes aan die gebedsweek nie.

Hannes verduidelik dat daar elke dag gedurende die week twee oggendsessies sal wees asook ‘n aandsessie.

Die oggendsessies vind vanaf 5vm tot 6vm plaas en weer van 6vm -7vm. Die aandsessies begin om 7nm.

“Tydens elke sessie gaan ons ons dorp, geliefdes, probleme ensovoorts voor God se voete neerlê.

“Daarom doen ons as gemeente ‘n beroep op die gemeenskap om saam met ons die gebedsweek aan te pak, om sodoende ‘n radikale verandering in ons dorp en persoonlike lewe te bring,” vertel Hannes.

Vir meer inligting rondom die gebedsweek, skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.

Related Articles

Back to top button