NewsSchools

Riebeeckrand hou groentjiekonsert

Hoërskool Riebeeckrand vermaak die gemeenskap met hul groentjiekonsert.

Na weke van ontgroening, harde oefening en voorbereiding vir hul groentjiekonsert, het Hoërkool Riebeeckrand se Graad 8 leerlinge die gemeenskap met ‘n onvergeetlike groentjiekonsert vermaak.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het die groentjiekonsert vanaf 4 tot 6 Februarie plaasgevind.

“Ons eerste optrede was spesiaal vir die laerskole in die gemeenskap.

“Dit is tydens dié geleentheid waar alle graad 7 leerlinge van die omliggende laerskole die groentjiekonsert kon kom geniet en sien wat volgende jaar vir hulle voorlê,” vertel Rickus.

Die optredes wat op 5 en 6 Februarie plaasgevind het, was oop vir die gemeenskap om by te woon.

Volgens Rickus was vanjaar se groentjie-tema Zombies en die senior raad voogde, Rina Botha en Sanette Smit, het baie hard gewerk om die groentjies gereed te kry vir hul groentjiekonsert.

“Vanjaar se groentjiekonsert storielyn is deur LW Biggs geskryf,” vertel Rickus.

Die storie begin by Laerskool X se graad 7 leerlinge wat uiteindelik hul hoërskoolloopbaan betree.

“Hier word hulle deur hul senior raad en onderwysers geterroriseer, maar kom vinnig agter dat die hoërskool ‘n baie lekker plek is en dat dit vir elkeen van hulle ‘n gelukkige einde inhou.

“Die groentjiekonsert was ‘n reuse sukses en ons bedank elke leier, onderwyser en Graad 8 leerling vir hul harde werk om van die geleentheid ‘n sukses te maak,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button