Ram atlete blink uit

Laerskool Randfontein se atlete maak hul merk tydens hul Sirkel-A atletiekbyenkoms.

Laerskool Ranfontein het op 5 Febuarie die Sirkel A-atletiekbyeenkoms aangebied en hul atlete het weereens gewys dat hulle vanjaar ‘n krag is om mee rekening te hou.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het al die atlete wat in die skoolspan opgeneem is teen vyf ander skole deelgeneem.

Die Sirkel A-laerskole wat aan die atletiekbyeenkoms deelgeneem het is FJL Wells, Setholela Primary, Mohlakana Primary, Malerato Primary en Randfontein Primary.

“Die atelete was baie goed voorbereid gewees en die kompetisie was sterk,” vertel Annie.

Ram is baie trots op hul atlete wat so goed presteer het.

vyftig atlete van o.7 tot o.13 is in die Sirkel A-span opgeneem en gaan nou aan die Randwes Subdistrikte atletiekbyeenkoms deelneem.

Dié byeenkoms sal op 13 Februarie plaasvind.

Annaly Visser, die atletiekorganiseerder van Laerskool Randfontein, is baie trots op al die atlete se puik prestasie.

“Dis ongelooflik om te sê RAM het 41 eerste plekke en 19 tweede plekke in die 70 baan en veld items verower,” vertel Annie.

Exit mobile version