Weer tyd vir Randfontein Skou

Vanjaar se Randfontein skou beloof weer om skougangers se verwagtinge te oortref met allerhande nuwe en opwindende stalletjies, uitstallers en kunstenaars.

Vanjaar se Randfontein skou beloof weer om skougangers se verwagting te oortref met allerhande nuwe en opwindende stalletjies, uitstallers en kunsteneers.

“Vanjaar se Randfontein Skou sal vanaf 26 Februarie tot 1 Maart by die Greenhills Sportstadium plaasvind en met verskeie dinge te sien vir jonk en oud, is dit beslis ‘n geleentheid wat jy nie wil misloop nie,” vertel een van die organiseerders, Joy Hamann.

Op vanjaar se skou program is daar weer soos oudergewoonte van Suid-Afrika se top kunstenaars op die verhoog te sien. Skougangers kan daarna uitsien om vir Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Gerhard Steyn en talle ander op een van die twee Skou verhoë in aksie te sien.

“Vanjaar sal die Jukebox Roadshow, wat deur Pieter Koen aangebied word, ook by die Randfontein skou wees. Pieter Koen Adam, Ricus Nel en Mwah sal tydens die geleentheid, wat op 26 Februarie plaasvind, die gaste met hul talent vermaak,” vertel Joy.

Verder sal daar verskeie motors uitgestal word en selfs ‘n paar ou-karre sal die skougronde op Saterdag, 1 Maart besoek.

“Ons is ook baie opgewonde oor die nuwe skaatsplankbaan wat by vanjaar se Randfontein Skou gaan wees. Dit is by dié baan waar skaatsplankryers met hul skaatsvernuf kan kom spog en selfs aan die skaastplank kompetisie deelneem,” vertel Joy.

Joy vertel verder dat die gemeenskap meer inligting oor die Randfontein Skou op hul Facebook blad – Randfontein Show, kan kry.

Vir enige navrae of meer inligting, skakel gerus die skoukantoor by 011 412 2878/ 1562.

Exit mobile version