NewsSchools

Rappies atlete geniet hul huissport

Laerskool Rapportryer se atlete laat die rekords spaander tydens hul jaarlikse huissport atletiekbyeenkoms.

Laerskool Rapportryer het op 23 Januarie hul jaarlikse huissport atletiekbyeenkoms aangebied.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, was die geleentheid ‘n reuse sukses en talle atlete het in beide baan en veld items sake teen hul mede leerlinge uitgespook.

“Tydens die geleentheid het Rappies se atlete vier rekords verbeter. Dit is vir ons as bestuur van Laerskool Rapportryer baie goeie nuus, aangesien dit dui dat ons vanjaar baie sterk atlete het,” vertel Roleen.

Ashley Stewart het die gewigstoot rekord vir dogters o.11 verbeter, terwyl Tenika Pedro die gewigstoot rekord vir dogters o.12 laat spaander het.

Verder het Raul da Ponte beide die 100m en 150m naeloop rekords vir seuns o.12 verbeter.

“Ons wens elke atleet wat tydens die geleentheid goed gevaar het geluk met hul prestasies. Ons sien werklik uit na die atletiekseisoen wat voorlĂȘ,” vertel Roleen ten slotte.

Related Articles

Back to top button