Ram atlete blink uit by huissport

Laerskool Randfontein se atlete spog met hul puik talente op die atletiekbaan tydens hul huissport atletiekbyeenkoms.

Laerskool Randfontein het jul jaarlikse huissport op 17 Januarie gehou.

Al die leerlinge en onderwysers was betrokke by dié groot geleentheid. Daar is met ywer en lus deelgeneem aan alles van hoogspring, gewigstoot tot langafstande.

Die atletiek-organiseerder, Annaly Visser het weereens die hele byeenkoms gereël en seker gemaak dat dié geleentheid ‘n groot sukses is.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het Annaly behoorlik bont gestaan om al die nuwe maatjies ‘n kans op die atletiekbaan te gee.

Tydens die byeenkoms is daar twee rekords verbeter en een ge-ewenaar. Tiaan Barnard het in die o.12 gewigstoot vir seuns 11.4 m gestoot.

Desiré Nortjé het die rekord in hoogspring dogters o.10 met ‘n sprong van 1.13m verbeter en Michaela Lubbe het die rekord vir 150m hekkies dogters o.12 geewenaar.

Die Junior Victrix Ludorum was Elri Basman en die Junior Victor Lodorum was S.J. Meyer. By die senior atlete is Micheala Lubbe as die Victrix Ludorum aangewys en Corné du Plooy as die Victor Ludorum.

“Ram se atletiek staan stek en ons sien uit na ‘n baie opwindende atletiekseisoen, met pratige prestasies en vele nuwe rekords,” vertel Annaly.

Die byeenkoms is afgesluit met ‘n uitdaag aflos tussen die ouers en onderwysers. Dit was groot pret en baie snaaks. Die onderwysers het hul woord gehou en die ouers behoorlik onder die tafel in gehardloop.

Exit mobile version