NewsSchools

Riebeeckrand lewer SA jukskeispelers op

Hoƫrskool Riebeeckrand spog met twee van hul leerlinge wat aan die Suid-Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe deelgeneem het.

Hoƫrskool Riebeeckrand spog vanjaar reeds met twee van hul top-jukskeispelers wat gedurende die Desember skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe deelgeneem het.

Volgens die bemarker van Hoƫrskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het beide Sandy Thwala en Larisca Stoltz vanaf 1-7 Desember aan die SA Jukskei Kampioenskappe in Kroonstad deelgeneem.

“DiĆ© twee leerlinge het puik tydens die kampioenskappe gevaar en net weer gewys dat HoĆ«rskool Riebeeckrand se jukseiafrigting van top gehalte is,” vertel Rickus.

Larisca het in die o.16 meisies-afdeling deelgeneem en was ook die kaptein van die Gauteng-Wes o.16A meisiesspan.

“Larisca is tydens die kampioenskappe in die streekspan asook die nasionale jukskeispan opgeneem en het ook haar Suid-Afrikaanse Nasionale klere in jukskei verwerf,” vertel Rickus.

Sandy het homself ook briljant van sy taak gekwyt.

Volgens Rickus het Sandy in die o.16A seuns-afdeling deelgeneem en is ook vir beide die streekspan en die nasionale jukskeispan gekies.

Sandy het ook tydens die geleentheid sy Suid-Afrikaanse Nasionale klere in jukskei verwerf.

“Ons almal by HoĆ«rskool Riebeeckrand is baie trots op die twee leerlinge en wens hulle sterkte toe met hul voorbereiding aangesien hulle tydens April vanjaar saam met die Nasionale span gaan toer,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button