GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Riebeeckrand atlete spook sake uit tydens hul huissport

Hoërskool Riebeeckrand se atlete spook sake uit tydens hul huissport atletiekbyeenkoms.

Met die begin van die nuwe skooljaar, is daar jaarliks groot opwinding en kompetisie onder skoolleerlinge tydens hul huissport atletiekbyeenkoms.

Tydens Hoërskool Riebeeckrand se huissport, het dié skool se atlete puik vertoon en sake teen mekaar uitgespook om ‘n plek in die interhuis-atletiekspan te behaal.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het hul huissport op 21 en 22 Januarie plaasgevind.

“Vanjaar was daar soveel belangstelling onder die leerlinge dat dit nie vir ons moontlik was om almal op een dag te akkommodeer nie, daarom het ons dit goed gedink om twee dae aan ons huissport af te staan,” vertel Rickus.

Hy vertel ook dat die leerlinge op dié wyse meer uitgerus is en beter in beide hul baan- en velditems presteer het.

Vanjaar het daar sowat 850 atlete van Hoërskool Riebeeckrand aan hul huissport byeenkoms deelgeneem.

“Dit geleentheid was ‘n reuse sukses en elke leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand het verseker dat die geleentheid ‘n spoggeleentheid is,” vertel Rickus trots.

“Die atmosfeer tydens die byeenkoms was briljant en die leerlinge het die paviljoen volgepak om hul medeleerlinge op die veld aan te moedig.”

Diegene wat tydens die huissport atletiekbyeenkoms uitgetaan het in elke item, vorm deel van die interhuis-atletiekspan wat later vanjaar teen die ander skole in die omgewing sal kragte meet.

Vir meer fotos van dié sportdag, kliek hier.

Related Articles

Back to top button