Rappies spog met hul nuwe Graad 1’s

Laerskool Rapportryer verwelkom met groot verwagting hul pragtige groep nuwe Graad 1 leerlinge.

Met groot opgewondenheid het ouers hulle Graad 1’tjies by Laerskool Rapportryer gaan afgee vir die groot stap in dié kinder se lewe.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, was daar gesiggies met glimlaggies en selfs ‘n paar trane het geloop toe die leerlinge vir hul mamma en pappa moes totsiens sê.

“Die onderwyseresse het hulle met ope arms en groot verwagting ontvang en sommer dadelik laat tuis voel,” vertel Roleen.

Rappies spog in vanjaar se Graad 1 groep met ‘n tweeling en ‘n groep Gr. 1’s van net so oor die 200 leerlinge.

Laerskool Rapportryer se bestuur verwelkom elke Graad 1’tjie en weet sommer dat hulle trotse Rappie-leerlinge gaan word.

Vir al die fotos van die nuwe graad een Rappies, kliek hier.

Exit mobile version