NewsSchools

Hoërskool Riebeeckrand bied suksesvolle krieket toernooi aan

Hoërskool Riebeeckrand spog met hul suksesvolle ses aan 'n kant krieket toernooi.

Hoërskool Riebeeckrand het onglangs ‘n suksesvolle ses aan ‘n kant krieket toernooi aangebied.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was dié toernooi oop aan beide laerskole en hoërskole in die gemeenskap.

“Die toernooi was ‘n reuse sukses en laerskole wat deelgeneem het, het sterk skole soos Laerskool Randfontein, Randfontein English Primary en Laerskool Gerrit Maritz ingesluit,” vertel Rickus.

In die hoërskole-afdeling het skole soos Hoërskool Riebeeckrand, Randfontein High School en Hoërskool Noordheuwel teen mekaar kragte gemeet.

“Die toernooi het by Hoërskool Riebeeckrand plaasgevind.

“Elke span het uit sewe spelers bestaan en moes elkeen ses beurte kolf.

“Die spanne het almal om die sesde paaltjie gespeel. Dus, as die sesde paaltjie gekantel het, was die span se beurt oor,” vertel Rickus.

Rickus vertel dat die twee laerskoolspanne wat die finaal gehaal het, Laerskool Randfontein en Laerskool Gerrit Maritz was.

In die Hoërskool-afdeling het Hoërskool Riebeeckrand teen Hoërskool Noordheuwel in die finaal kragte gemeet.

“Dié toernooi gaan ‘n jaarlikse instelling by die skool word en ons hoop om meer spanne in die volgende toernooi te sien,” vertel Rickus.

Rickus bedank vir Dirk Neethling wat die toernooi gereël het.

Related Articles

Back to top button