Randfontein boerboel staan uit by nasionale kompetisie

Van Randfontein se top Boerboel telers, Bouwer Boerboels, maak hul merk by die Nasionale Boerboelskou in Bloemfontein.

Bouwer Boerboels, van Randfontein, het twee reuns by die Jaarlikse Nasionale Boerboelskou te Bloemfontein ingeskryf.

Die skou was gehou by die Bloemfontein Skougronde op Saterdag 16 November en die Randfontein Boerboel reuns het werklik uitgestaan.

Volgens een van die eienaars van dié honde, Yolanda Bouwer, is daar ‘n totaal van 204 honde ingeskryf en die top telers in die land het deelgeneem.

“Die klasse was in ouderdomsgroepe gedeel en die reuns en tewe het in aparte kategorië deelgeneem,” vertel Yolanda.

Bouwer Boerboels het ‘n eerste plek behaal met hulle hond, Bouwer Nelson, ook bekend as Scar. Scar het in die nege tot 12 maande reun afdeling deelgeneem.

Yolanda vertel dat hulle ander hond, Bouwer Big Ben, ‘n algehele vyfde plek in die 12 tot 15 maande afdeling vir reuns behaal het.

“Ons teel al 13 jaar en is trots op ons honde.

“Hulle het uitstekende temperamente en is van ‘n hoë kwaliteit.

“Ons sien uit daarna om volgende jaar weer die byeenkoms by te woon,” vertel Yolanda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version