Local newsNews

Connie Muldersentrum bederf hul inwoners

Die inwoners en werknemers van Connie Muldersentrum geniet hul jaareindfunksie.

Die inwoners en werknemers van Connie Muldersentrum het op 22 November hul jaareindfunksie gehad en elkeen teenwoordig het dié geleentheid terdeë geniet.

Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van die sentrum, Gordon Henney, is dit al ‘n jaarlikse instelling by die sentrum om ‘n spesiale aand vir die inwoners en personeel aan te bied.

“Die aand was ‘n reuse sukses en ons inwoners was baie opgewonde oor die geleentheid.

“Ons almal by die Connie Muldersentrum voel dat dit beslis nodig was om vanjaar vir die inwoners die geleentheid te gee, aangesien hulle vanjaar weer ‘n uitstekende jaar beleef het en baie hard gewerk het om ‘n sukses van 2013 te maak,” vertel Gordon.

Die geleentheid is deur al die inwoners van die sentrum, personeel en bestuur bygewoon.

Gordon vertel dat die inwoners almal pragtig gelyk het en sommer al van vroeg af by die saal opgedaag het.

Om die aand selfs nog meer spesiaal te maak, was daar ‘n Kersvader wat by die geleentheid was.

Al die personeel en inwoners kon saam met Kersvader ‘n foto neem en sodoende die aand vir altyd onthou.

Met ‘n feestelike atmosfeer in die lug, het die bestuur van die sentrum sekergemaak dat die inwoners die geleentheid geniet, darom kon die inwoners ook top klas plaaslike vermaak op die verhoog sien en aan ‘n heerlike maaltyd smul.

“Ons het ook van die geleentheid gebruik gemaak om ons personeel te bedank vir hul jare lange diens by die sentrum.

Dit is vir ons werklik ‘n riem onder die hart om so ‘n getroue span te hê en ons het aan verskeie werknemers ere gebring vir hul bydrae tot die sentum se sukses,” vertel Gordon.

Gordon bedank elkeen wat gehelp het om die sukses van die aand te verseker en wens elke personeellid, inwoner en vriend van die sentrum ‘n geseënde feesseisoen toe.

Related Articles

Back to top button