Riebeeckrand geniet ‘n suksesvolle golfdag

Hoërskool Riebeeckrand geniet 'n suksesvolle golfdag op Randfontein Golfbaan.

Hoërskool Riebeeckrand het weer op 25 Oktober hul jaarlikse golfdag op Randfontein Golfbaan aangebied en is trots met die sukses wat dié geleentheid geniet het.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was die hoof borg tydens die geleentheid Tommy Martins.

“Die dag was ‘n reuse sukses en deelnemers kon verskeie groot pryse gewen het. Die wenner van die dag het met ‘n splinternuwe yskas weggestap,” vertel Rickus.

Behalwe vir die rondte golf wat die deelnemers geniet het, was daar ook puik vermaak tydens die geleentheid.

“Die dag was ‘n reuse sukses en ons almal by Hoërskool Riebeeckrand bedank elke speler en borg vir hul betrokkenheid by die geleentheid,” vertel Rickus.

Exit mobile version