NewsSchools

Jannas spog met hul ryk geskiedenis

Met 75-jaar se ryk geskiedenis, is Hoërskool Jan VIljoen trots om dié geskiedenis met die gemeenskap in hul eie geskiedenis boek te deel.

Hoërskool Jan Viljoen vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar, en om dié mylpaal in hul geskiedenis boeke op te teken, het die bestuur van dié skool besluit om ‘n gedenkblad vry te stel waar hulle Jannas se geskiedenis oor die afgelope 75-jaar met die gemeenskap deel.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, het hulle baie navorsing oor die skool se ontstaan en al die mylpale wat oor die jare bereik is gedoen.

“Ek wou altyd dié klas van produk vrystel,” sê Katzke

“Ek glo dat Jannas ‘n baie ryk geskiedenis het, en dit was vir my belangrik om dit op te teken en met almal wat ‘n hart vir Jannas het en wie graag die verlede wil herleef, maar ook wil deel in die hede, te deel,” vertel Julius.

“Ons skool wil op ‘n tasbare wyse dankie sê aan al die leerlinge, onderwysers en ouers asook die gemeenskap wat ons skool oor die afgelope 75-jaar ondersteun het.”

Volgens Julius is die boek in kleur gedruk en belaai met fotos en hoogtepunte van die skool oor die afgelope 75-jaar.

“Ons bedank ook vir Marthie van Deventer en haar span wat baie hard gewerk het om te verseker dat die gedenkblad die lig sien,” vertel Julius.

Marthie was die redaktrise van die blad en René van Loggerenberg het die bladuitleg versorg.

“Die twee onderwysers het hul harte in die projek gesit en dit is sigbaar as jy eers aan die lees raak,” vertel Julius.

Daar is baie aandag gegee aan al die verskillende sport en kultuur-aktiwiteite wat deur die skool aangebied word, asook artikels wat jou gevange hou soos ‘Pandora se kissie hou interessante feite opgesluit binne haar deksel’ en ‘Hoe lyk ons geboue deur die loop van 75 jaar?’

Alle leerlinge wat tans by die skool ingeskryf is, se gesiggies is ook in die blad te sien en baie aandag word geskenk aan die vakke wat by Jannas aangebied word, en hoe ‘skoolhou’ en ‘skoolgaan’ met tyd verander het.

“Ons is werklik trots op die produk en wil dit met elke Janna-hart deel.

“Dié gedenkblad is by die skool se kantoor beskikbaar teen R100 per boek. Dit is beslis ‘n boek wat elke oud-leerling en onderwyser in die nostalgie sal laat verdwaal,” vertel Julius.

Related Articles

Back to top button