EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom geniet AGS-Middelvlei se Kersmark

AGS-Middelvlei gemeente nooi die gemeenskap om saam hulle, hul Kersmark te kom geniet.

Die gemeente van AGS-Middelvlei hou weer op 2 November hul jaarlikse Kersmark en nooi die gemeenskap om saam met hulle in die pret te kom deel.

Verlede jaar se Kersmark het groot belangstelling geniet en volgens Pastoor Danie Hartzer, beloof vanjaar se Kersmark om almal se verwagtinge te oortref.

Daar sal tydens die geleentheid heerlike eet- en- drinkgoed te koop wees en feesgangers kan selfs bekostigbare Kersgeskenke by die markdag koop.

“Tydens dié Kersmark sal ons ook Mnr en Mej Kersliggie aanbied. Daar is verskeie ouderdomskategorië tussen nul maande en vyf jaar,” vertel Danie opgewonde.

Behalwe vir die Mnr en Mej Kersliggie sal daar verskeie ander kompetisies wees waartydens feesgangers groot pryse kan losslaan.

“Daar is slegs ‘n klein hoeveelheid stalletjies beskikbaar, daarom doen ons ‘n beroep op uitstallers om so gou moontlik hulle stalletjie te bepreek,” vertel Danie.

Stalletjies beloop R150 per staanplek.

Afgesien van die Kersmark wat op 2 November plaasvind, kan die gemeenskap ook deelneem aan die AGS-Middelvlei se talentaand wat op 1 November sal plaasvind. Na afloop van die Kersmark, sal Neil Higgens op 3 November ook by die kerk optree. Dié optrede sal tydens die gemeente se oggend erediens plaasvind en almal is welkom om die geleentheid by te woon.

“Kom ons bring hulde aan die Here met die talente wat ons ontvang het. Skryf in vir die talentaand, kom geniet die Kersmark saam jou vriende en familie en geniet top klas sang en musiek saam met ons as gemeente,” vertel Danie ten slotte.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus vir Chrissie by 011 692 3809 of vir Annemarie by 084 718 9532.

Related Articles

Back to top button