NewsSchools

Laerskool Randfontein bied loopbaan dag aan

Laerskool Randfontein het 'n loopbaandag aangebied.

Die Departement van Onderwys vereis dat al die Graad 7 leerlinge van elke skool aan ‘n “Career Dress Up Day” moet deelneem. Die leerlinge van Laerskool Randfontein (Ram) het dié dag op 11 Oktober aangebied.

Die doel van die dag is om die leerlinge positief te motiveer om groot te droom en hoop vir die toekoms te bou.

Al Ram die Graad 7 leerlinge het aangetrek soos hul toekomstige beroepe en die hele dag so skool gegaan.

Die Graad 7 personeel, onderleiding van Annie Nolan, het ‘n program aangebied om die leerlinge te inspireer en groot te droom.

Salome du Toit van Westcol Randfontein het met die leerlinge kom praat en om meer opwinding te verseker was daar ook ‘n kompetisie gewees vir die mees kreatiewe uitrusting.

Westcol, Sharon Nolte en Randgate Spar het die pryse vir die wenners geborg.

Die seunswenners is John-Ross van den Berg, Ullrich Gildenhuys en Damian Heyens. Die dogters wat gewen het is Surika Pretorius, Neelandri Nel en Monique-Ann van Loggerenberg.

Related Articles

Back to top button