Laerskool Gerrit Maritz presteer by Math Challenge

Een van Laerskool Gerrit Maritz se slimkoppe, Xander Nel, blink uit tydens vanjaar se Maths Challenge.

Xander Nel, ‘n Graad 3 leerling van Laerskool Gerrit Maritz Primary, het onglangs aan die Mental Maths Challenge deelgeneem en gewys dat hy beslis die beste in die weste is.

Hy het baie goed voorberei en ‘n welverdiende eerste plek op skolevlak behaal.

Verder het Xander deurgedring na die distriksvlak waar hy ook vir homself ‘n algehele eerste plek verseker het.

Hy gaan nou verder op provinsiale vlak deelneem wanneer hy op 16 Oktober by die Science Museum in Newtown mee sal ding.

Almal by Laerskool Gerrit Maritz is baie trots op sy puik prestasie en wens hom alle sterkte toe vir die uitdaging wat vir hom voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version