NewsSchools

Rohan is ‘n bobaas klavierspeler

Vir Rohan de Beer is musiek al van kindsbeen af deel van sy lewe en gebruik hy dié passie om sy talent as klavierspeler te ontgin.

Rohan de Beer het al reeds in sy kleuterskooldae by Heidi en Peter Kleuterskool ‘n liefde vir musiek ontwikkel en is al reeds van kindsbeen af besig om sy talent as klavierspeler te ontgin.

Volgens Rohan se ma, Rochelle, is Rohan nie net ‘n goeie klavierspeler nie, maar doen hy ook puik op die akademiese front.

“Rohan is nou in Graad 1 en wys baie potensiaal as leerling en klavierspeler.

“Ek glo vas dit is weens die rotsvaste basis wat hy in sy kleuterskooldae ontvang het,” vertel Rochelle.

Rohan is ‘n leerling by Randfontein Christian Academy (RCA) en kry uitstaande punte by die skool.

Volgens Rochelle, neem Rohan klavierlesse by FJL Wells Musiekskool en het selfs die voorreg gehad om tydens dié musiekskool se konsert sy talent agter die klawers ten toon te stel.

“Hy sal ook later vanjaar tydens RCA se skoolkonsert ‘n kans kry om weer agter die klawers in te skuif en die gehoor met sy talent te vermaak,” vertel Rochelle.

Related Articles

Back to top button