Hoërskool Riebeeckrand maak hul topbestuur bekend

Hoërskool Riebeeckrand is trots op hul nuwe topbestuur van hul Verteenwoordigende Leerlinge Raad.

“Jaarliks is dit vir Hoërskool Riebeeckrand ‘n groot voorreg om hul nuwe topbestuur aan te kondig en vanjaar se topbestuur is beslis ‘n groep wat die belange van elke leerling sowel as die skool op die hart sal dra.”

Dit die woorde van Hoërskool Riebeeckrand se bemarker, Rickus Kruger.

Volgens Rickus, is die topbestuur ‘n groep leerlinge wat as deel van die skool se Verteenwoordigende Leerling Raad (VLR) functioneer en die VLR bystaan.

“Vanjaar is Lizerie Ferreira as hoofdogter van die topbestuur aangewys, terwyl Eswee Kruger die hoofseun van ons skool sal wees,” vertel Rickus.

Carlo Kruger en Rayno Wagner is as onderhoofseuns aangewys.

Hoërskool Riebeeckrand se onderhoofdogters is Cali Berry en Melissa Fowler.

“Behalwe vir dié leerlinge, is daar ook drie addisionele leerlinge as deel van die topbestuur gekies. Dié leerlinge is LW Biggs, Mareli Luus en Louise Ackron,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat almal by Hoërskool Riebeeckrand baie trots is op die groep leerlinge en baie uitsien daarna om hulle in 2014 aan die stuur van sake te sien.

Exit mobile version