NewsSchools

Kom kyk wie is die volgende Mnr en Mej RCA

Die Randfontein Christian Academy (RCA) bied weer op 12 Oktober hul jaarlikse Mnr en Mej RCA skoonheidskompetisie aan en nooi di gemeenskap om saam hulle dié aand te kom geniet.

Die Randfontein Christian Academy (RCA) bied weer op 12 Oktober hul jaarlikse Mnr en Mej RCA skoonheidskompetisie aan en nooi die gemeenskap om saam met hulle dié aand te kom geniet.

Volgens een van die organiseerders van die geleentheid, Sonja van Tonder, sal die funksie by die Hervormde Kerk, Midpark gemeente plaasvind.

“Dié gala-funksie beloof weer om ‘n groot sukses en ‘n hoogtepunt op ons skool se jaarkalender te wees,” vertel Sonja.

Behalwe vir die pragtige leerlinge wat op die verhoog gaan verskyn, het Sonja en haar span verskeie kunstenaars genader om tydens die geleentheid op te tree.

Dié kunstenaars is Joe F, Vaaitjie van Mollie en Wors asook Angel – ‘n opkomende Afrikaanse sangeres.

Kostes vir die geleentheid beloop R100 per persoon en sluit ‘n heerlike ete in.

“Die geleentheid sal om 6nm afskop en kaartjies kan by RCA bespreek word. Daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar sal wees,” vertel Sonja

Vir meer inligting of kaartjiebesprekings, skakel gerus RCA se kantoor by 011 692 3131 of vir Sonja by 082 560 2062.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button