Emmanuel Aanbiddingsentrum hou markdag

Kom en geniet 'n pretbelaaide markdag saam die Emmanuel Aanbiddingsentrum gemeente.

Pastoor Stephen Oliver en sy vrou, Juanita van Emmanuel Aanbiddingssentrum in Henningstraat, Randgate nooi die gemeenskap om op 30 November saam hulle, hul markdag te kom geniet.

Volgens Juanite sal die markdag op die hoek van Uniestraat en Henningstraat plaasvind.

“Die markdag sal reg langs Randgate Biblioteek gehou word en beloof om groot pret vir die hele gesin te wees,” vertel Juanita.

“Ons doen ook ‘n beroep op uitstallers en besighede in die gemeenskap om vir hulle ‘n staanplek by die markdag te bespreek.”

Staanplekke vir uitstallers beloop R100 per staanplek.

Al die fondse wat tydens die markdag gemaak word sal ten bate van die aanbiddingsentrum wees.

Vir meer inligting of staanplek besprekings, skakel gerus vir Juanita by 072 942 7333 of emmanuel.aanbidding@gmail.com.

Exit mobile version